We do not have a sample of this song ):

Neil Somers's picture

Die Laaste Troebadoer

(View album: Anderkant Atlantis)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2294 views

play button



40% accurate

In ‘n land sonder grense waarheen niemand wil gaan
Vind ek in die donker ‘n spoor
Van ‘n ou troebadoer met sy vaal ou kitaar
En ‘n pen wat papier kon bekoor

En as ek hom kon volg buite tyd en bestaan
Na waar daar dalk ‘n toevlug is
Sal ek hom dalk net soveel beter verstaan
En dalk ook sy antwoorde wis

Want st tyd is so lank reeds verby
En tog sy woorde leef hier diep in my
As die lied oor die radio kom
Dwaal hy diep in my gedagtes rond

Ja, die ou troebadoer het die stryd klaar gevoer
En pen op papier het gewen
Tussen al Hierdie lyne en die vier-reël refreine
Het die troebadoer die wêreld verken
Het die troebadoer die wêreld leer ken

In ‘n kluis vol refreine het hy sy reise gestoor
Met musiek soos ‘n sleutel gesluit
Vir altyd gebêre todat iemand dit hoor
En die sprokie vir almal ontsluit

Met woorde, akoorde het hy sy liefde verbloem
‘n gordyn wat sy menstig versteek
Wat sou hom in lewe met die wêreld versoen?
Geen siel sal dit nimmer ooit weet

Kyk, my tyd is ook amper verby
En tog sy woorde leef nog steeds in my
As die lied oor die radio kom
Dwaal hy diep in my gedagtes rond

Ja, die ou troebadoer het die stryd klaar gevoer
En pen op papier het gewen
Tussen al Hierdie lyne en die vier-reël refreine
Het die troebadoer die wêreld verken
Het die troebadoer die wêreld leer ken

Ja, die ou troebadoer het die stryd klaar gevoer
En pen op papier het gewen
Tussen al Hierdie lyne en die vier-reël refreine
Het die troebadoer die wêreld verken
Het die troebadoer die wêreld leer ken.

Get this song on
iTunes

Get this song on
Google Music

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..