We do not have a sample of this song ):

Neil Somers's picture

Winterhart

(View album: Hierdie Hande)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2292 views

play button



40% accurate

My hart voel erg geteister
Soos ek na die woorde luister
Wat jy saggies vir my fluister
As die diepste, donker duister oor jou kom

Daar’s geraamtes in die voetpad
Van mense wat jou siel wil vat
En verblyding in jou afplat
Tot jy alles in jou siel glad wil vermom

Die verlang na wat was, is lank verlore
En herinnering is al wat aanklank vind
Die lewe rank soos skadu’s deur jou drome
Net die hartklank bly die siel nou eensgesind

Gadagtes en gebare
Opgegaar soos stof deur jare
Dwarrel doelloos dog ervare
Soos die herfs se roesbruinblare deur die wind

Die verlang na wat was, is lank verlore
En herinnering is al wat aanklank vind
Die lewe rank soos skadu’s deur jou drome
Net die hartklank bly die siel nou eensgesind

Die mens in jou is steeds bewis
Van dit wat nog die kinders is
En al jou lewensvure blus
Sodat jy weldra sielerus kan wind

Die verlang na wat was, is lank verlore
En herinnering is al wat aanklank vind
Die lewe rank soos skadu’s deur jou drome
Net die hartklank bly die siel nou eensgesind
Die lewe rank deur soos skadu’s deur jou drome
Net die hartklop bly die siel nou eensgesind.

Get this song on
iTunes

Get this song on
Google Music

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..