Die weerlig het geslaan
n Merk gelos in my bestaan
Jy is nie vir my gemaak nie
Die eerste keer wat ek verstaan
Toe die reen weer stil raak
Kon jy die kraak nie meer heelmaak
En die gras was erens groener
Dit was n uitgemaakte saak
Storm in my hart
Wind in my siel
Tydelike smart
Jy het my verniel
Weerloos
Weerloos staan ek kaal
Met die hoop dat iemand my erens sal kom haal
Eks weerloos
Weerloos in my verhaal
My optel vashou verstaan
My woorde kan herhaal
Ek is weerloos in n ander taal
Toe die son weer begin skyn
Het die beeld van jou stadig verdwyn
Maar die eggoes van jou woorde
Gee lief en haat fyn straal lyn
Storm in my hart
Wind in my sill
Tydelike smart
Jy het my verniel
Weerloos
Weerloos staan ek kaal
Met die hoop dat iemand my erens sal kom haal
Eks weerloos
Weerloos in my verhaal
My optel vashou verstaan
My woorde kan herhaal
Ek is weerloos in n ander taal
Weerloos
Weerloos staan ek kaal
Met die hoop dat iemand my erens sal kom haal
Eks weerloos
Weerloos in my verhaal
My optel vashou verstaan
My woorde kan herhaal
Ek is weerloos in n ander taal