Hierdie is verwant aan my en jou verband in ons liefdestaal sou ek jou kom haal
Ek het aanhou klou want ek was mal oor jou maar jy het my aan, aan ‘n lyn gehou
Weet jy dan net hoe ekke oor jou voel ek het vas geglo ons twee is bedoel
Ekke weet nie mooi wat het jou omkant gegooi nou staan my en jou verhouding in die rooi
En hoekom vra ek as ek klaar weet ek was met een om weer te vergeet
Ek staan hier eenkant en wag vir jou ek het jou vertrou ek het jou vertrou
Vertrou
Aan die anderkant het ek jou gesien en met eens geweet dat ek jou verdien
Ek het opgestaan en weer omgedraai en met alles in my, my hart na jou geswaai
Aan die anderkant was ek vasgevang in ‘n wentelbaan wat na jou verlang
Ek is moeg gesmeek maar ek wil net weet is ek die een wat jy sal vergeet
En hoekom vra ek as ek klaar weet ek was met een om weer te vergeet
Ek staan hier eenkant en wag vir jou ek het jou vertrou ek het jou vertrou
Vertrou
Vuur en vlam ek is nie meer bang om aan te gaan
Vir in 'n week ek moes leer om op te staan

Vertrou.