Ek wens ek kon vandag antwoorde kry
Want die vrae brand soos vuur hier binne my
Ek wens ek kon vandag die rede weet
Dan sou ek dalk ’n stukkie van dit vergeet
Want hoe kan ek aangaan
Hoe kan ek voortgaan
As ek dit nie weet
Want ek voel alleen hier
Ek het seer hier
Dit is my donker uur
Vertel my dit sal wees
Soos ons in stories lees
Dat alles net sal uitwerk vir die goed
Vertel my dis okay
Iemand is daar vir my
En eendag sal ek ook die antwoord leer
Maar vir nou het ek seer
’n Halwe woord sal ook ’n troosting gee
Want hier is ek
Ek veg hier op my knieë
En wie sal ooit die regte woorde kry
Want niemand weet
Wat dra ek binne my
Want hoe kan ek aangaan
Hoe kan ek voortgaan
As ek dit nie weet
Want ek voel alleen hier
Ek het seer hier
Dit is my donker uur
Al wat ek vra
Is vir ’n redelike antwoord
Want ek hou aan stry
Teen die ongeloof
Die seer hier binne my
Ja vir nou het ek seer