Dis nie die einde vertel ek myself
Dis net seer vir 'n oomblik
Die idee van wat almal sou dink
Is te veel en met rede
Ek't iemand nodig nou meer as nooit
Ek kan onthou jy't belowe
En die terug dink vernietig my siel
Ek sal moet vorentoe strewe
Ek het
Aanhou sing om as dit seer, en ek het
Als vergeet en oor probeer, en ek het
Aanhou bid tot ek kon glo, en ek het
Vergewe
Nou's ek sterker
As wat ek altyd was
Sterker as hoe vorentoe my wêreld val, en als verbrand tot as
Nou's ek sterker
As wat ek ooit al was
Geveg teen al die duiwels van die hemelruim en die duiwel in myself
Nou's ek sterker
Sonder jou maar as gevolg van jou
Ek neem 'n tree en ek doen dit alleen
Ek hou net uit vir 'n oomblik
Dis net die tyd wat ons alles sal leer
Want genesing is moontlik