Ek wil jou oopdraai hier voor my
Ek wil jou oor my tuin laat uitloop
Kom plant jou doringboom op my
Kom maak jou voorbeeld van my
Jy kruip in jou serp weg
Voel jy nou ver weg
Ek het myâŸarmsâŸomâŸjou skouers
Ek’s ʼnâŸdief vir jou
SoosâŸjou ouers
Jy steek jou kop by die ruit uit
Die ogies wat loer
Kyk by jou nie uit
Hoe dreun die Heer in die donker
Sy radio roer
Ons radiogolwe.