We do not have a sample of this song ):

Elandré's picture

Renate

(View album: Estetika)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  1927 views

play button



40% accurate

Hey Renate
Het jy nog bietjie oor
Het jy dit uitegdeel
Of dit net verloor
Hey Renate
Wie sou kon sê
Dat die middelkind
Nou als sou hê
Alles lyk so maklik
So het jy gesê
Jy’s nie meer wie jy was
Altyd voor in die klas
Maar nou’s jou foto’s uit gevee
‘n Middelklas meisie
Dans op ‘n Kerkkorrel wysie
Jy’s in beheer van jou lyf
Maar jou kop het geskuif
Alles onder beheer
Tog het jy als wat jy kon begeer

So ek los jou daar
Daar waar jy nou is
Ek hoop eendag kry jy rus
My wonderbaar
Hoop vir jou geen berou
Vir die pad alleen
Ek moes maar net die elegie vir jou opneem
Ek hoop jou wyn word water
Want hoe later hoe kwater
Neh Renate

Altyd is ekstase
Mooiste lag vir my
Net so is die goed gevoel
Vining verby
Maar ek het ‘n spesmase
Tyd het met jou soos die res
Jou ongevraagd en onherroeplik diep gekwes
Dis al so maklik
Ja so het jy gesê
Jy’s nie meer wie jy was
Altyd voor in die klas
Maar nou’s jou foto’s uit gevee
‘n Middelklas meisie
Dans op ‘n Kerkkorrel wysie
Jy’s in beheer van jou lyf
Maar jou kop het geskuif
Alles onder beheer
Tog het jy als wat jy kon begeer

So ek los jou daar
Daar waar jy nou is
Ek hoop eendag kry jy rus
My wonderbaar
Hoop vir jou geen berou
Vir die pad alleen
Ek moes maar net die elegie vir jou opneem
Ek hoop jou wyn word water
Want hoe later hoe kwater
Neh Renate
Neh Renate

Get this song on
iTunes

Get this song on
Google Music

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..