We do not have a sample of this song ):

Ilán van Staden's picture

Ontlaai

(View album: My Mense)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  1940 views

play button



40% accurate

Voel jy ook soms die diepe waters roep jou naam uit?
Dit trek jou terug na dit wat jy nog altyd was
Op 'n jagtog om 'n vuur
'n Nuwe horison blink weer in jou visier
En as dit brand dan moet jy toegee tot die roepstem
Is dit net selfsug is die roepstem jou alleenstem
Sê jou goodbyes en lekker slaap
Vat weer die langpad na jou vryheid toe ou maat

Want 'n man moet ontlaai, ai ai ai
Om 'n vuur of 'n braai, ai ai ai
Laat die wêreld vergaan
Trek die bosveld weer aan
Want 'n man moet ontlaai
Want 'n man moet ontlaai, ai ai ai
Voor die haan jou wakker kraai, ai ai ai
Is jy uit in die veld?
Jy's weer giste se held
Want 'n man moet ontlaai

En as die stilte van die bosveld begin fluister
En my laat twyfel oor die man wat ek moet wees
Hoor ek die woorde van my pa
Wat sê, sal jy ons erfenis nou verder dra?
Sal jy my sê wat jy wil hê uit hierdie lewe
En die ding waaroor jy asem weg sal gee
En my wens vir jou my kind
Dat onvoorwaardelike liefde jou sal vind

Voel jy ook soms die diepe waters roep jou naam uit?
Dit trek jou terug na dit wat jy nog altyd was
Op 'n jagtog om 'n vuur
'n Nuwe horison blink weer in jou visier

Get this song on
iTunes

Get this song on
Google Music

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..