In die lewe doen ons dinge uit liefde of uit vrees
Maar dit is moeilik om altyd jouself te wees 
Soms het mense baie om te sê
Solank jy staan na hulle woorde gaan lê
Waar vind jy jou toevlug?
Staan jy met die muur teen jou rug?
Breek elke baksteen kom ons dans deur die nag
Want hierdie keer gaan ons laaste lag 
Land of sand, oor die sand of see
Deur die storms heen sal ek nie terug tree
Land of sand skuur ons teen die rand
Deur die donderweer na die son se kant 
Eens op ‘n tyd was ek net geleën
Maar nou’s dit asof dit diamante reën om my 
Vat ‘n tree, want my ja is my ja en my nee is nee
Al die ligte op gesigte, elkeen op sy pad
Weet net jy’s waardig al is jy hardegat
Babe jy ken jou waarde
Dis meer as al die geld op aarde
Haal af jou das en skud jou hare los
Moenie dat iemand met jou drome mors