Jy het groot geword vandat
Ek jou laas gesien het
Jy is nou ‘n vrou
Jy het pyn beleef
Meer as wat jy ooit verdien het
Jy is nou ‘n vrou
En jy kan huil wanneer jy bly is
En jy kan huil wanneer jy treur
Want dit is jou verweer
Jy is ‘n vrou
Die onskuid van jou jeug
Het nooit ‘n kans gestaan nie
Jy is nou ‘n vrou
Want jy het meer geleer
As wat jy ooit verstaan het
Jy is nou ‘n vrou
Jy is nou ‘n vrou
En jy kan huil wanneer jy bly is
En jy kan huil wanneer jy treur
Want dit is jou verweer
Want jy is ‘n vrou
Jy kan huil wanneer jy bly is
En jy kan huil wanneer jy treur
Want dit is jou verweer
Jy is ‘n vrou.