Ek sien hoe oupa eendag na sy hande sit en staar
So asof hy sy lewe daarin sien
Hy vra het ek al regtig na my hande gekyk
En vertel hoe het sy hande hom gedien
Die hande is vol plooie swak en was al mooier
Dit het klere aan my lyf gesit en kos in my mond
Hierdie hande het gewerk was jare terug ook sterk
En saamgevou as ek bid in God se kerk
In die hande wat so bewe sien ek my hele lewe
Goed en kwaad sal die hande ken
Hierdie Hande het die lewe al gesien
Hierdie hande het my dag se brood verdien
Hierdie hande was al stukkend seer en vol bloed
En elke dag na harde werk ook rou
Aan my vinger was my trou ring wat wys ek was getrou
En het my kinders by geboorte vas gehou
My hande het gebewe en geskud toe ek my pa
Na sy laaste lê plek in st hout kus dra
In die hande wat so bewe sien ek my hele lewe
Goed en kwaad sal die hande ken
Hierdie Hande het die lewe al gesien
Hierdie hande het my dag se brood verdien
Die hande het my skoon gemaak en my trane wegesteek
Toe die droogte net teerg raak en die wolke nie wou breek
Die hande het my kinders groot gemaak met sweet en bloed
Met Hierdie hande gaan ek Jesus groet
In die hande wat so bewe sien ek my hele lewe
Goed en kwaad sal die hande ken
Hierdie Hande het die lewe al gesien
Hierdie hande het my dag se brood verdien
Hierdie hande het al die wéreld al ontmoet
En met hierdie hande gaan ek Jesus groet
Met hierde hande sal ek Jesus groet.