We do not have a sample of this song ):

Elvis Blue's picture

Ek Mis Jou

(View album: Die Brug)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  3082 views

play button



40% accurate

Boeke is vol stories lief
En tydskrifte ook
Jy koop 'n glimlag, vir 'n oomblik
Totdat als verdwyn in rook
Die lewe is 'n raaisel
'N netjiese gemors
Ek wil net vir jou sê
Ek mis jou en dit brand my net soos vuur

Nog 'n hotel, nog 'n stop
Nog 'n reis in my kop
Dan hou ek jou weer teen my
En ek wil jou nooit los
Drome word soms waar
Maar vanaand is myne op
Ek wil net vir jou sê
Ek mis jou en dit brand my net soos vuur

Die koudste koud is sonder jou
Die verste ver is ver van jou
Oe oe oe, ek mis jou
Ek wens jy was nou hier
Ek mis jou en dit brand my net soos vuur

Laat aande leë strate
My woorde val so deur die krake
Al praat ons op die telefoon
Voel alles hier verlate
Als was so vanselfsprekend
Totdat ek alleen moes staan
Nou's jy al wat ek wil hê
En ek mis jou en dit brand my net soos vuur

Ons praat maar op die telefoon
Badtyd is klaar, die kinders skoon
Dis hemel daar by jou
Maar jy dink dis net gewoon
Ek was nooit gemaak om op 'n enkelbed te slaap
Jou wegwees los my leeg
En ek mis jou en dit brand my net soos vuur

Get this song on
iTunes

Get this song on
Google Music

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..