We do not have a sample of this song ):

Francois Badenhorst's picture

Die Wêreld Is Mal

(View album: Hierdie Is Die Lewe)



40% accurate

Wolke gooi skaduwees
Dis snaakse weer
Die reuk van my huurmotor wat my irriteer
Die lug droog
En ek is onwelkom hier
Ek is ver van die huis af
Alleen en ver van die huis af
Op pad nêrens heen
Verander, vervreem
En ek is siek daarvan

Die wêreld is mal
Kompleks en kwesbaar
Mense wat oor mekaar val
Die wêreld is mal
Jy is uit die uitsondering
Want die wêreld is mal

Ek kon dit nie doen sonder jou nie
Die weer wat my windverwaai
Oop ruit laat die insekte in
Jy het my gered
Voor ek geweet het ek het redding nodig
Alweer te ver van die huis af
Op pad nêrens heen
Verander, vervreem
En ek is siek daarvan

Die wêreld is mal
Kompleks en kwesbaar
Mense wat oor mekaar val
Die wêreld is mal
Jy is die uitsondering
Want die wêreld is mal

Ek het jou nodig nes jy is
Daar is genoeg hier vir my
Op hierdie aarde nes jy is
Nes jy is
Nes jy is

Die wêreld is mal
Kompleks en kwesbaar
Mense wat oor mekaar val
Die wêreld is mal
Jy is die uitsondering

Want die wêreld is mal
Want die wêreld is mal
Want die wêreld is mal

Get this song on
iTunes

Get this song on
Google Music

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..