We do not have a sample of this song ):

Laurika Rauch's picture

Die Mense Op Die Bus

(View album: Chris Se Trefferliedjies)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2912 views

play button



40% accurate

Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek

Ek het jou byna, jou byna vergeet

Die mense op die bus beskou
Die liefde soos die oggenddou
My hart is lankal reeds gebreek
Ek het dit net-net weggesteek
Dalk is die liefde soos die reën
Dit sal die aarde plek-plek seën
Die mense op die bus sê: "Ja"
Verspreide buie hier en daar

Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou byna, jou byna vergeet
Die mense op die bus wil hoor
Waar het jy eers jou hart verloor?
Die mense op die bus sê: "Nee"
Daar's baie visse in die see
My hart is amper weer gebreek
Ek het dit net-net weggesteek

Die liefde soos die oggenddou
Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou byna, jou byna vergeet
Mmmmmmm
Mmmmmmm

My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou byna, jou byna vergeet
Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?

My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou byna, jou byna vergeet
Ek het jou byna, jou byna vergeet.

Get this song on
iTunes

Get this song on
Google Music

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..