We do not have a sample of this song ):

Spoegwolf's picture

Bittermaan

(View album: Somer)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  2982 views

play button



40% accurate

Die reën raas harder as die lugverwarmer
Toemaar, toemaar, toe
Ek het blomme gekoop

Die woude roer, die water roei verwaarloos
Toemaar, toemaar, toe
Dit is stil in die huis

En dis veilig onder jou plafon
Met jou vreemde klanke
En jou vreemde son
Ek is broos soos die waarheid vir ʼn leun
Sê my waar is jou verliefde heen

Ek sukkel om te staan
Ek skree jou naam
Bittermaan
Hierdie mense volg my waar ek gaan
Bittermaan

Waar’s jy nou?

Hoor jy dis ek
Ek het vergeet hoe om te dans
Maar ek kan dryf
As jy nie op my voete staan nie
Die buite-fokus reën maak patrone op die venster
Verdwaalde druppels ek is een
Maar jy nie.

Get this song on
iTunes

Get this song on
Google Music

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..