Ek sit en wonder wat van jou geword
Het is jy oraait want jy spook by my
Hoe kon ons dan so vinnig groot geword
Het dit voel dan net soos gister hier by my
Die maan skyn so helder op hierdie stukkende bokskitaar,
Hoe kon ek jou vergeet het, want jy was altyd daar
Kom drink vanaand 'n koffie kom kuier weer by my
Soos in die ou dae as ons illegal met jou pa se kar gaan ry
Kom help my met daai lovesong wat ek nog klaar moet skryf
Oor die girl wat ons so mal gehad het ons het altyd oor Tanja baklei
As jy sing het ek vir jou geluister al was jy vals was dit nogals mooi
En hoeveel keer moes ek antwoorde
Fluister en elke Maandag 'n nuwe verskoning hoor
Die maan skyn so helder op hierdie stukkende bokskitaar,
Hoe kon ek jou vergeet het, want jy was altyd daar
Kom drink vanaand 'n koffie kom kuier weer by my
Soos in die ou dae as ons illegal met jou pa se kar gaan ry
Kom help my met daai lovesong wat ek nog klaar moet skryf
Oor die girl wat ons so mal gehad
Het ons het altyd oor Annatjie baklei
Dit was verkeerd maar ek sou alles oor wou hê
Ook die jaar toe die Hoërskool ons by die matriekafskeid weg sê