Ek wonder partykeer waar die lewe se paadjies heen gaan
En ek en Jack Daniels is vriende omdat hy my verstaan
Soms mis ek die lag in my vriende van kleintyd se oë
Daai dae het ons almal in Atlantis geglo
Atlantis roep my vanaand
Die see slaap so rustig onder die maan
Atlantis roep my en ek hoor
Anderkant Atlantis vat ek jou spoor
In die vroegoggend traffic hoor ek hoe roep Mammon my naam
Ek’s ‘n kind van die rat race spesiaal vir hom grootgemaak
Dan hoor ek jong stemme wat lag langs ‘n mooi rivier
Ons het dieper geduik en gehoop om Atlantis te sien
Atlantis roep my vanaand
Die see slaap so rustig onder die maan
Atlantis roep my en ek hoor
Anderkant Atlantis vat ek jou spoor
Maar die lewe se paaie, en die uurglas se draaie, loop vêr
En dis aande soos die wat ek wens dat ek als oor kan hê
Die bravade van kindwees se parke lê diep en wyd
Ja, dit was net gedemper deur die hande van ou Vader Tyd
Atlantis roep my vanaand
Oh, die see slaap so rustig onder die maan
Atlantis roep my en ek hoor
Anderkant Atlantis vat ek jou spoor
Anderkant Atlantis lê ek jou voor.